Besluit oor Wildekusmyn kom einde Februarie
AMELIA DE MILANDER
PORT ELIZABETH. – Belanghebbers, inwoners en omgewingsbewustes wat tans in afwagting sit vir die minister van minerale en energie, me. Buyelwa Sonjica, se besluit oor die toelating van sandmynbedrywighede langs dieWildekus, gaan nog tot minstens einde Februarie moet wag. Die Australiesemyngroep Mineral Commodities het aansoek gedoen om na titaan in die sandduine op die ongerepte kuslyn in Xolobeni te delf. Die vereiste omgewingsimpakstudie is, ondanks groot teenkanting van omgewingsgroepe en ’n lang lys besware, einde verlede jaar by die departement van minerale ingehandig. Vir die eerste keer sal die departement van minerale se besluit swaarder weeg as dié van omgewingsake. Mnr. John Barnes, die Suid-Afrikaanse uitvoerende hoof van die myngroep, was vroeër vol vertroue dat Sonjica reeds diéweek al haar besluit bekend sal maak.
Me. Bontle Mafuna, direkteur van kommunikasie by die departement van minerale en energie, het egter gister gesê nog geen besluit is geneem nie. “Dit kan nog tot einde Februarie duur voor die departement sy besluit geneem het.”
Intussen het die bewaringsgroep Red dieWildekus (SWC) aangedui hy sal regstappe doen teen die goedkeuring van die “uiters vae en onvoltooide” omgewingsimpakstudie, sou Sonjica wel die myngroep die groen lig gee. “Daar is soveel gapings in die impakstudie wat aan die minister voorgelê is dat dit onmoontlik is om daaruit ’n ingeligte besluit te neem,” hetme.Val Payne,woordvoerder van SWC, gesê.
Posted on January 28th, 2008
Filed under: Press Releases














Leave a Comment